• Reports
  • 0

OOS TRANSVAAL

oos-transvaal

Story by Jason van Schalkwyk

Terwyl die gedreun van die Harleys by Africa Bike Week nog weergalm het, het ek en Minki weg geglip om ʼn stukkie hemel op aarde te gaan soek en ek moet se, ek was aangenaam verras! My soektog het begin by ʼn onverwagse plekkie met die naam van Waterval-Boven. Van daar af het ek noord gemik na Die Eiland, ongelukkig nie ʼn Portugese een nie, maar eerder een wat deur die ATKV, so 60km van Tzaneen af, bestuur word.

jason-bike3Ek het so net na ses op ʼn baie koue Dinsdag oggend vertrek via die N4 na Nelspruit, en ek moet se die wye oop pad was ʼn welkome verandering van die stof en grond van vorige reise. Die lang draaie deur die Schoemanskloof kon niks anders as ʼn groot glimlag bring nie, maar dit was tyd om die ware Oos-Transvaal te gaan ontdek, en ek vat toe ʼn skelm afdraai na Sabie. Om te sien hoe die mis laag in die valleie hang en die son oor die berge opkom en die pad oneindig voel, is beslis ʼn  “bucket list” inskrywing.

ʼn Vinnige pitstop in Sabie om vir Minki vol te maak en ons was oppad na Graskop. Die pad was so plek, plek nat en dit was maar beter om nie te meegevoer te raak nie.  By Graskop kon ek nie wag om by die legende, wat Harrie’s Pancakes is, uit te kom nie, en ek moet se hulle het my nie teleurgestel nie! Ek het ʼn venison en sweet patato pannekoek gehad en ek het my lippe af gekou. Net buite Graskop is God’s Window en op ʼn dag soos vandag kon ek nie anders as om te gaan inloer nie. Die uitsig was oneindigend en beslis die R5 ingang werd, en ek het net weer besef hoe klein ons werklik is.

Van Graskop af verby Potholes, ja dit is ʼn plek se naam, en dan vinnig regs en oor die Abel Erasmus pas. Die pas is baie lekker maar vandag het die verkeer die pret so bietjie bederf. Van hier af tot by Die Eiland was die pad lank en reguit, maar darm nie vervelig nie. Daar is baie vrugtestalletjies langs die pad, so as tyd aan jou kant is, kan jy vars lemoene en pomelo’s geniet.

jason-bike4Die Eiland is ʼn wonderlike vakansieplek met fantastiese geriewe en was verbasend stil gewees, maar nie te min, moes die avonturier in my, gaan verken. Die weer het lekker gelyk, maar toe ek by Magoebaskloof kom, was dit ʼn ander storie! Mis en ʼn nat pad is alles behalwe lekker op ʼn bike, en ek moes maar versigtig, veral met die padwerke. Ek was van plan om by die Giant Baobab te stop, maar ek het die seker mis gery want voor ek myself kon kry is daar ʼn bord wat se: “Welcome to Polokwane”. Ek draai toe om en vat koers terug na Die Eiland, maar die keer nie dieselfde pad nie, en was ek bly! Die mis het wel lig oor die pad gehang, maar was dit vir jou ʼn pad! Diegene wat wil jaag sal teleurgesteld wees, maar as jy daarop uit is om te cruise en net die wonder wat ry is te geniet, is dit die pad vir jou. Die draaie is oneindigend en so nou en dan steek daar ʼn pragtige stukkie groen agter die mis uit. Ek dink ek sal die stukkie pad saam met daai “bucket list” inskrywing sit.

Soos met alle goeie avonture moet hulle ongelukkig tot ʼn einde kom, en vandag was die lang trek terug na Durban. Ek het geweet vandag sal meer ʼn dag van harde ry wees eerder as lekker ry, en die weereens mistige weer het nie gehelp nie. Ek was so net na 6 oppad en het soos gewoonlik nie dieselfde pad terug gery nie. Hierdie keer sou ek al langs die Kruger Wildtuin se grens af ry via die R40. Die eerste stuk tot by Hoedspruit was reguit en  toe was daar 2 stukke waar hulle aan die pad gewerk het.  Net anderkant Hoedspruit het dit begin reën en hoe verder ek aan gery het, hoe erger het die reën en mis geraak, maar dit het my nogsteeds nie af gesit om die beste te maak van ʼn slegte saak nie.

Naby Bushbuckridge vang ek ʼn vinnige pitstop, sit ʼn bietjie Theuns Jordaan musiek op en ry rustig na Graskop toe. Die Kowyn pas is baie smal en skerp en die pad is nie van die beste nie, maar ek weet op ʼn mooi dag, is die uitsigte ongelooflik! Van Graskop was dit weer oor na Sabie, Tussen Sabie en Lydenburg was daar ʼn fietsresies, in die mis en reën nie te min, so ek was eerder versigtig. Die Long Tom pas is ʼn gewilde stukkie pad onder bikers, en ek kon net aanvoel hoekom baie so se. Net oor die kruin van die berg is daar son en is daar warmte, uiteindelik!

Vanaf Lydenburg af is dit Volksrust en dan Ladysmith, en die pad was alles behalwe goed. Slaggate, padwerke en lorries was daar te veel van gewees,  en na ʼn lang ry kom ek net voor vyf die middag in Ladysmith aan. Ek maak toe vol en weet die laaste 250km op die N3 is al wat voorlê, maar ek het vergeet dis winter, en soos baie vir jou sal se, Mooi Rivier in die aand op ʼn bike in winter, is nie die lekkerste van kombinasies nie. Selfs met elke stukkie klere wat ek by my het aangetrek, was dit ysig! So net na sewe die aand stop ek by die huis, en alhoewel die vakansie heerlik was, is daar darm nie ʼn plek so lekker soos mens se eie huis nie. Die volgende oggend het ek uit ouder gewoonte die padkaart uit gehaal en my volgende reis beplan! Tot ʼn volgende keer, en onthou, ry veilig.

Hein Jonker

Editor & Chief Instructor of Bike Talk SA. Senior Instructor for Honda SA On-Road Academy in KZN & Exhibition Rider for Harley-Davidson SA

You may also like...

Leave a Reply

%d